Sunday, December 31, 2006

The Devil wears Prada



Die duiwel koop jou stukkie vir stukkie

Ek like Meryl Streep. Sy vertolk haar rol ook baie goed as die gevreesde mode-diva in hierdie verhaal… het die hel uit my geïrriteer. Daar is mos nog 'n storie waarin die duiwel feature en sy ook: She-Devil. Daar was sy darem regtig net TE erg in haar pienk wêreld.

Iets vreemds is aan die gebeur in baie van die flieks wat ek deesdae sien. Dalk is ek net te stupid om my vinger presies daarop te kan lê, maar dit het iets te doen met die plot of manier van karakter-ontwikkeling. In hierdie fliek en bv. You, Me & Dupreez voel dit nie asof iets gebeur nie. Die plot voel meer na 'n plato. Wat was bv. die klimaks in Prada? Die selfoon wat in die fontein gesmyt word? (Me & Dupreez had 'n paar klimakse, maar dit gaan daar oor 'n ander soort.)

Nie dat dit saak maak nie. Dit voel asof flieks wegstap van oormatige spanningbou en dramatiese ontknopinge.

Terug by Prada. Plain genietfliek. Mens verwag van die begin af dat die hoofkarakter van die storie dalk haar waardes gaan moet prysgee om aan te pas by die eise van die mode-bedryf. Inderdaad gebeur dit, maar as kyker word jy saamgebôl. Want elke keer wat sy 'n pro-mode-keuse doen, hou jy van wat jy sien. Totdat jy (te laat) agterkom dat elke keusetjie uiteindelik opgebou het tot 'n verandering in karakter en waardes.

Dis waar ek gewonder het: Is EK nog dieselfde mens NA al die verwagtings wat jeens my gekoester word? Seker nie. Anders as die klassieke duiwelstorie waarin jy jou siel eensklaps verkoop om iets te kry, is hierdie storie nader aan die waarheid: dit gebeur stukkie-vir-stukkie. Vgl ook bespreking by www.hollywoodjesus.com.

Tekste: Ek dink mens sou nogal lekker humoristies kon inval by Simson en Delila, waar lg. as die verleidster voorgehou word en Simson stukkie vir stukkie sy identiteit verloor tot by die uiteindelike haarsny. Ek dink daar lê vele moontlihede met allusions na die mode-bedryf en Delila en Simson se haarkapper. Dis in Rigters iewers.

Monster House



Om te sluk of nie te sluk nie

Dit voel soms asof almal vandag graag 'n merkie iewerste wil maak. Die kortste of maklikste pad om dit reg te kry, is blykbaar om agressiewe kritiek te lewer. Lees maar Deon Maas of Steve Hofmeyr se uitlatings as 'n begin. (Of kyk Borat)

Die gevolg is dat ons almal ook maar deurloop onder kritiek. Groot monde wat vrot tamaties uitspoeg en jy moet maar net koes.

Die monster van 'n huis in die fliek fokus nie soseer op kritiek wat gelewer word nie, maar eerder wat jy daarmee doen. In die huis se geval, wel, word dit gesluk. En ongelukkig word mense en veral kinders beskou as 'n kritiese aanval op die huis.

Monster House raak ook die kwessie aan van kritiek tussen generasies heen. Ironies genoeg is al die ouer-kind verhoudings in die storie maar sukkel-sukkel; dit is egter die ou man wat aanvanklik as die monster in die storie beskou word, wat 'n sinvolle verhouding met die kids ontwikkel. Dit is veral hier waar mens ontdek dat jy nie te vinnig kan kritiseer nie, maar ook dat jy jouself dalk te dikwels steur aan ignorant eiergooiers.

Wat breek die mure af tussen misverstanende partye? Moed, volharding, onselfsugtigheid, bereidheid om te “let go”.

Moontlike tekste: Jakobus skryf baie oor een tong en twee ore, vgl. ook Spreuke. (Daar IS natuurlik ook die versie oor beter om te gee as om te ontvang, maar ek sou dit nie graag op kritiek van toepassing wou maak nie :-))