Tuesday, September 11, 2007

Oor Noag

My vierjarige seuntjie reken hy is alwetend. Hy vertel dit in soveel woorde. Soms vra hy iets, en as jy hom die inligting voorsien, antwoord hy: "O ja. Ek weet nog steeds alles, ek het net bietjie van DIT vergeet."

Gisteraand moet ek vir hom 'n Bybelstorie lees. Die kinderverhaalweergawe van Noag en die ark. Teen die einde, lees ek toe: "God het toe 'n reenboog geverf. So iets sou nooit weer gebeur nie."

Ek lees verder. Doen die gebedjie ding. Maar hy onderbreek die gebed halfpad.

"Nee," protesteer hy, "dis nie eintlik so nie. Daar was klaar 'n reenboog. Want eintlik, as 'n mens met 'n boot gaan ry, dan sien jy mos 'n reenboog."

Ek vrek oor my kind se geloof.

9 comments:

Anonymous said...

En hulle glo onvoorwaardelik.... Dis hoe dit hoort!!!!

maeree said...

lol
bwahahahahahahahahahahahahahaha
hahahahahahahaha

ek ken iemand wat nou nog wonder waar superman is.

Anonymous said...

Kids van daai ouderdom glo enigiets. Ek het vir my suster se driejarige vertel Barney the Dinosaur eet klein kindertjies en woon onder sy bed - en hy glo dit!

Anonymous said...

Alwetend, uitstekend! Iemand om eendag die Pienk Zuit mantel oor te neem.

Freddy said...

Bertus!, die punt van die hele storie is dat die 4jarige juis die kinderbybel reggehelp het. Sy mening is dat daar klaar 'n reenboog was.

Anonymous said...

Wel, duh!!!

Anonymous said...

Bestaan hierdie blog nog?

maeree said...

bêre daai boek en gaan kyk 'n flippen fliek!

Freddy said...

Die seuntjie glo nie alles nie. Maar nouja, hy is 4, nie 3 nie.

Ek dink hier is 'n gaping in die video- en fliekmark. Enige prospekteerders wat kunstige en ietwat breinerige flieks tot beskikking van die algemene publiek in ons omgewing wil stel?