Sunday, May 27, 2007

The Fountain


Elders in die kuberwêreld word daar gesels oor “self” en die verhouding daarvan tot “my liggaam”. Ek wonder oor my geheue-blokkies – want my verlede en wat ek gedoen het en wat met my gebeur het, is óók mos ek.

Ons dink soms aan die ewige lewe as 'n lang lyn. Dit hou net aan en aan en aan. Sommige teoloë sê dat ons dalk aan die ewigheid moet dink as 'n sirkel wat allesomvattend is. Ons stukkie lewe hier en nou is dan 'n strepie binne-in daardie sirkel.

In the Fountain kry ons 'n lekker mix-up van Judeo-Christian, Buddhisties en Hindu images en idees. Dis visueel vreeslik lekker om die beelde te aanskou wat op interessante maniere inmekaar vloei.

Die hoofkarakter soek die fontein van die lewe of die boom van die lewe om sy sterwende vrou te red van kanker. Die tema van lewe uit die dood figureer sterk. Hier is 'n resensie wat my sentimente oor die fliek deel.

Wat mý laat wonder het, was die eienaardige vloei van die fliek.

Jy weet nie lekker wanneer is jy waar nie, want die hoofkarakter leef in drie tye.

Ek kom agter dat die tydvloei in die fliek vir my voel soos 'n rondomtalie. Dis nie noodwendig 'n fliek met 'n begin of 'n einde nie. Soos met 'n Big Wheel kan jy eintlik enige plek inklim. En dit “match” lekker met die idee van die fliek.

Kyk net hoeveel sirkels is daar in die fliek. Selfs 'n kruis word 'n sirkel.

En omdat ons dus nie “op pad” is om uiteindelik iewers heen te gaan nie, is die hier en die nou baie belangrik. Gebruik jou kans. Nou.

Ek weet nie regtig wat ek nou hier gesê het nie, maar ek dink 'n moontlike teks wat saam sou kon gesels, is Prediker 3:11-15.

5 comments:

maeree said...

fredddddddels, wanneer doen jy apocalypto?

Freddy said...

Maereee
In my dorp, het ons al amper 'n McDonalds.
In my dorp, sowel as die groter buurdorp, tel Apocalypto nog as 'n kunsfliek.
In my dorp, sien ek, het daardie DVD pas uitgekom.
In my dorp, sien ek ook, is daar tog mense wat dit wil sien.
Binnekort, binnekort.
Endtime is near.

Anonymous said...

Doen "Next". Hierdie lyn uti die voorskou het gemaak dat ek dit gaan kyk sodra dit uitkom:
"I have seen every possible ending, and none of them are good for you"

Anonymous said...

Jy maak my nou baie lus om hierdie fliek te sien. Het dit nog nie hier in die DVD shops gewaar nie. Sal weer soek.

Anonymous said...

Ek het "The Fountain" gelove, dit was vir my een van die kunsstigste films wat ek nou al in 'n lank tyd gesien het. Baie dankie vir die stukkie uit die Bybel, dit het my rerig net weer laat dink.
Geseënde dag vir jou.
Melanie du Toit