Saturday, May 05, 2007

Amalie & Life is Beautiful



Dat die Franse 'n mens nou so kan besig hou!

Oor elkeen van hierdie twee movies kan mens 1000 posts doen.

Maar ek is nou confused, en ek soek julle hulp. Hopelik weet ek beter na die post. Kom ons begin by Amalie. Nee, nee, Life is Beautiful.

Life is Beautiful is mos al 'n ouerige fliek. Ek het dit een keer gesien, jare gelede, en besluit dis een van daardie wonderlike movies wat mens glad nie weer wil sien nie. Ek het ook nie.

Ek wens ek kon mense na die wêreld laat kyk soos dáái pa sy seuntjie laat kyk het. Om in die haglikste omstandighede 'n ander werklikheid te sien, ene wat jou inspireer en opgewonde maak. Ene waar 'n Nazi-soldaat verander in 'n speelmaat wat goed kan act en die wenner van die game 'n groot army-tank wen.

Ek leer by Life is Beautiful: Jy het die keuse hoe jy kyk na die realiteit. Eintlik nog meer as dit: Jy kies die werklikheid. Hulle kan alles van jou wegneem, maar nie wie jy is en hoe jy glo nie.

Nou Amalie.

Wat 'n orgasme van kleur en pret is dié fliek nie?! Die meisie Amalie se verbeelding is 'n skatkis. Dit voel soos 'n pretrit om deur haar oë te sien. Byvoorbeeld by die besigste treinstasie verloor sy sig van haar liefde, en eensklaps is daar niemand. Jy weet dit is onmoontlik, maar dis Amalie se wêreld.

Maar jy ontdek ook in die fliek dat Amalie se droomwêreld, en hoe sy kies om na die wêreld te kyk, haar funksionering in die realiteit striem. Sy bly haar groot liefde mis, want sy is te bang om die realiteit “soos dit is” aan te vat. (Die geweldige gedetailleerde inligting wat aan die kyker gegee word, het niks direk met die storie te make nie. Dit bevestig: Daar is klomp goed om jou. Sommiges maak saak, sommige nie. Jy kies wat is van pas in jou storie.)

En iewers maak Amalie se karakter 'n sprong. Sy gebruik nie haar “kyk” om realiteit te ontvlug nie. Sy span dit in om dit te embrace en te benut. Maar die implikasie was dat sy deel van haar droomwêreld anders moes inspan.

Kom ons praat dan nou van altwee flieks.

(Klomp van ons het op ons blogs die afgelope tyd 5 lukrake feite uitgeblogger. Die volgende paragraaf is nie lukraak nie.)

Ek sukkel regtig met die balans tussen hierdie twee. Daagliks.

Die essensie van die sukkel, is dit:

(1) Life is Beautiful: Kies wat jy sien. Jou verbeelding en kreatiwiteit skep die werklikheid.
(2) Amalie: Verbeelding is great. Maar jy kan in 'n tronk beland van jou eie droomwêreld, en so die ware Jakob bly mis.

En dis hoekom ek so lank gevat het met die post hierdie keer. Want ek wou oor Amalie blog, maar iets het my bly pla, en ek kon nie besluit wat nie.

Is daar dalk 'n beweging tussen realiteit en verbeelding? Kan ons dalk te lank draal in een van die twee? Kan ons enigsins realiteit verstaan sonder verbeelding? As ek nie die realiteit raaksien nie, beteken my verbeelding iets?

Ek kies nooit vir waarneembare realiteit alleenlik nie.

(Miskien het ons Kobus Neethling hier nodig.)

Moontlike tekste: Hebreërs 11:1 en 12:2-3.

3 comments:

Anonymous said...

Maggies, nou laat jy my dink oor baie goed. Is die antwoord nie in 'n balans tussen die 2 wêrelde nie?

BatCat81 said...

Die oomblik wat mens antwoorde op daai vrae het, dan is jy alreeds besig om nie te dink daar is iets meer as die realiteit om ons nie. Is jy reeds net realisties. So kom ons klim op die wolkie van die cerebellum, en gaan plant nog 'n boom op die maan.

Unknown said...

Die held in Life is beautifull is gefokus op sy kind.. in so 'n mate dat sy eie lewe nie meer saak maak nie. Wanneer hy alleen in die fabriek werk, kla hy land en sand oor die omstandighede. Vir geen oomblik is hy in 'n droom wereld vasgevang nie.. hy is in 'n wereld waar hy so besig is om na die belang van sy seun om te sien, dat daar nie tyd is om homself die luukse te gun van dink aan homself nie.

Hoeveel keer in ons eie lewens, beleef ons nie dit nie? Nes jy konsentreer op die geluk van ander, word hulle geluk joune - en wanneer jy die vermoee het om hulle gelukkig te maak, is jy ook gelukkig.