Tuesday, April 24, 2007

Truman Show

Nouja, na aanleiding van Johan Swarts en Anja en almal wat nou hulle 5 onbekende dinge aan almal verkondig, laat ek dan ook probeer.

1. My regtermiddelvinger is bietjie korter as my linkermiddelvinger. Ek was 5 jaar oud toe die wind ons voordeur op hom toegeklap het. Ek gooi dus zap-signs net met my linkerhand, anders snap hulle dalk nie.
2. As ek in 'n vervelige vergadering sit, doen ek in my verbeelding picasso-tekeninge van die mense om my. As dit nog meer vervelig raak, doen ek dit in suiwer swart en wit.
3. My laerskooljare was in Vryheid, 16km vanaf Bloedrivier. Ek het gebly in Afrikanerstraat en my skool was Nieuwe Republiek Laerskool. Ek moes met Deputasie-straat op my fiets skool toe ry. You can’t imagine…
4. Ek vind dit onmoontlik om trappe te klim sonder om hulle te tel. (Maar ek is nie bang vir vuil hande of krake in die sypaadjie nie, relax.)
5. Wanneer my neus toegaan van sinus of verkoue of so iets, begin dit eers by die linkerneusgat. Hehe.
6. Ek steur my nie altyd aan die reƫls nie.

6 comments:

BatCat81 said...

Dink jy mense het die behoefte om meer van hulleself aan ander mense te vertel?

Anonymous said...

Jou no 1 laat my dink aan nog een vir my:

My tone is omtrent almal ewe lank (met die uitsondering van die kleintoontjie). My voete lyk dus soortvan soos die die hekse se voete wat Roald Dahl in The Witches beskryf. Dankie tog ek hoef nie punt skoene soos vrouens te dra nie.

Anonymous said...

Ek het 'n ruk gelede vir twee weke lank verkoue gehad net aan die een kant. Dit was weird.

Freddy said...

Kat
Almal wie se blogs ek lees, onthul eintlik heeltyd goed van hulself.

Zuit
Ek dink die Hang Ten Company kan jou gebruik vir hulle bemarkingsveldtogte.

Idiwidi
Unbelievable! So wanneer jy dan kruipslag swem, haal jy heeltyd net aan die een kant asem?

Anonymous said...

Freddy, wanneer gaan fliek jy weer?

Anonymous said...

Bestaan hierdie blog nog?
Ek wil graag iets oor Jesus of Montreal lees.