Sunday, August 05, 2007

Harry Potter and the Order of the Phoenix




Openingstoneel: Crop circles. Of is dit 'n parkie? Word ons bewegings en roetines wat ons elke dag deurtrap, soms soos 'n magiese "fixture" wat jou lewensvloei bepaal en jou vryheid inperk? Dalk bang vir ander roetes. Bly by die bekende. Gevangene.

Gelukkig is Hogwarts daar. Die skoolgebou weet self wanneer die roetines en 110 gebooie 'n bedreiging word. Hy skep spontaan 'n nuwe vertrek waar die blokkasie van groei oopgemaak kan word.

Daai Pienk Tannie is darem vreeslik. Eintlik is dit hoe ons ook maak. Wanneer jy iets nie wil hanteer nie (soos bv., as jy nie lus is om te erken dat die vreeslike Voldemort-sonder-'n-neus terug is nie, of dat AIDS of Zimbabwe soort van 'n probleem is nie), skuif jy dit opsy. Jy maak nuwe reels daaroor om jouself weg te hou daarvan. Enigiets om nie ander paaie te loop nie.

Ek ken so vrou. Erge trauma as kind deurgemaak. Self reels gemaak om verdere seerkry te keer. Maar die probleem gaan nie weg nie. Aanhoudend kom nuwe selfreels by. Alle energie en innerlike krag word opgebruik. As haar lewe ook so 'n Hogwarts-muur was, was dit tot teen die dak vol geraamde wette.

Ons is nie gebou vir ontkenning nie. Dis hoekom ons oor en oor droom oor die goed wat nie afgehandel is nie - nagmerries inkluis.

Jou keuse is dus:

1. Perk jouself meer en meer in met selfgemaakte reels, of metodes om die eintlike issue weg te hou.

2. Ontdek jou Hogwarts-kamer wat spontaan oopmaak wanneer dit nodig is. Face the issue.

Keuse 2 impliseer vertroue. (Ons kan nou soetsappig vertel hoe Harry se vertroue in sy vriende hom mos nou red, maar hoekom sal ek? Julle het mos die fliek gesien.)

Matteus 15:21-28. Hierdie vrou se vertroue was so groot, dat sy die konvensies woes bevraagteken het. (ek sien haar dogter had ook probleme met Voldemort :-) )

2 comments:

maeree said...

dankie freddy! ek het geweet jy sal dit briljant doen.
net jammer jy kan nie daaroor preek nie, behalwe om te vertel hoe demonies dit is, né?
(toemaar, ek verstaan bg sin.)

Anonymous said...

Dankie. Wat ek wil weet is, is dit aanvaarbaar vir jou kinders om dit te kyk. Ek het nie so gedink nie en skryf daaroor hier, (http://kruidjieroermynie.wordpress.com/2007/07/13/harry-potter/) maar jy se^ niks oor die feit dat dit demonies is nie... Wonder nou net.