Wednesday, July 25, 2007

Transformers & Fantastic 4





Die groot ou is op pad, en hy kom om die hele aarde te verswelg. Hy het 'n paar pionne wat solank sy koms voorberei vir die verorbering van die blou planeet.



Dit is in kort die samevatting van altwee flieks.



Eintlik verbasend hoe die www, waar jy nou lees, van ons planeet 'n village gemaak het. Vyande word anders gedefinieer. Is die vyand dalk Noord-Korea? Rusland? Irak? Iewers in die Ooste?



Of jy nou saam met die bioniese masjiene uit die ruimte, of saam met die fabelagtige vier van kontinent tot kontinent kerjakker, jy ontdek: Ons hele planeet is op die spel hier. En ongeag jou land van herkoms, die aardetjie is maar kleinerig.

In beide flieks sluk jy hard aan die feit dat in albei, die eintlike oorsaak van die einde van die planeet, die mens se eie gierigheid en verbruikersmentaliteit is.



Gevolglik verdwyn die grense tussen mense (dit rym en klink soos Sproetjies!) en die fokus verskuif: Kyk na die planeet!



'n Verdere gedeelde tema in die twee flieks, is die geweldige frustrasie van 'n kommunikasie-gaping. By Transformers is die tienerheldjie die ene wat weet wat is die beste vir die planeet. Maar die patetiese ouers en CIA-lede gaan onversteurd aan met hulle eie oorlewingsresepte. Dit sluit ontkenning in. Jy voel die geweldige spanning wanneer die "goeie robot" gevang word. As mense tog net 'n kansie wou vat om te luister. By Fantastic Four is dit dieselfde geval: die profete van die storie word geignoreer. En hier sien jy visueel die monster wat die aarde kom insluk. Dit wat in die flieks bedreig word, is nie meer New York of Los Angeles of San Francisco nie. Ook nie een of twee boeings nie. Dit is 'n hele aarde, waarvan die grense onderling vervaag. Ek hoor benoud 'n volgende generasie skreeu, en is angsbevange dat ek dalk ook met dowe ore my eie resep sal bly volg.

Kolossense 1:19-20 vertel dat die hele aarde versoen is met Hom. Nie verorber nie.

5 comments:

maeree said...

"die hele aarde versoen is met Hom. Nie verorber nie." ag freddy, jy's wonderlik. van die mooiste frases wat ek nóg gehoor het.
net na "grense tussen mense"
(dis jou plig om te dig)

Anonymous said...

Jy is regtig goed daarmee om die kern van 'n saak raak te sien. Gewoonlik irriteer dit mense as hulle regdeur die storie kan sien, maar hoewel niemand jou kan flous nie, geniet jy dit duidelik steeds.

Dis 'n goeie eienskap om iets te kan ontrafel totdat daar net 'n draadjie daarvan oorbly en dan daarna te kyk asof dit 'n wonderlike kleed is.

Anonymous said...

Van die onderwerp af, maar gaan jy dalk oor Harry Potter praat? Sal graag wil lees.

BatCat81 said...

Jys een van die fanatastic 4 Freddy.

maeree said...

harry potter? wanneer doen jy harry pothead?