Wednesday, April 11, 2007

Mr Bean's Vacation


Mr Bean bly Mr Bean. Of jy kan hom nie verdra nie, of jy geniet hom vreeslik. Ek val in die tweede kategorie. (Behalwe wanneer hulle Amerikaanse humor met hom probeer, soos in die eerste movie. Dit maak net soveel sin soos 'n viooltjie-uitstalling in die kalahari).

Meeste mense dink die akteur Rowan Atkinson is stupid. Maar hy is nie.

Die fliek begin met 'n rainy day in Londen, in die kerk by 'n basaar. Hoe vaal kan jy nou kry! En dit eindig by die sonnige strand in die Suide van Frankryk, by Cannes. Praat van kleurryk!

En ek klou verbete vas aan daardie tipe hoop.

Dat al bevind ek my in grou omstandighede, die son weer môre sal skyn.

Ek wonder of julle ook sulke nagmerries kry soos ek soms:

Jy droom jy het 'n eenvoudige taak om te doen. (Soos Bean, bv, wat op 'n trein moet kom en by Cannes afklim.) Maar sodra jy begin, glip 'n foutjie in. Jy probeer gou-gou die foutjie fix. Maar in die proses ontstaan daar NOG foutjies. Min of meer teen die einde van die droom, net so voor die gefrustreerde wakkerskrik, is die magdom foute so horribaal, dat die oorspronklike “benign” takie heeltemal verdwyn het agter die berg van krisisse. Soos Bean in sy vacation.

En tog: Die vreeslike flops word deur Bean op sy kamera vasgelê. Dit word, myns insiens, meesterlik vervleg by die eindtonele om totaal nuwe betekenis te gee aan Bean se storie. Die konteks waarbinne dit dan vertoon word, is só radikaal anders, dat ek as kyker besef het: my eie flops en grou dae word soms onverstaanbaar iets anders.

Dis soos om te dink jy het 'n lucky number 919, maar die wennommer is 616. Dit sien ons mos in die openingstoneel? Dit was slegs 'n kwessie van perspektief. En dit gebeur nogal in die kerk!

Moontlike teks:

In Bean word tekste herinterpreteer tot iets nuut: 919 word 616. Die home video word deel van 'n nuwe fliek (in die fliek!). Bean se chaos word 'n magiese sonnige einde.

In Joh. 2:19 word die betekenis van die grou en dooie tempel herinterpreteer met die paasgebeure.

Dit was vir my eintlik 'n great Paasfliek. Maar ek sal dít liewer maar net hierso sê.

Addendum:

Goeie Vrydag 2007

Ek wil Jou nie meer
probeer
beter dien nie
beter liefhê
beter uitreik
beter omgee

Dis vir my beter
om vandag net
by jou kruis te sit
en sug,
Verlig.

4 comments:

Anonymous said...

Lyk my ek sal dit moet gaan kyk. Ek dink Mr Bean is vrek snaaks. Ek was net bang dis soos die eerste fliek.

Daai gedig som my antwoord op Prof se vraag oor die kruisiging mooi op.

Anonymous said...

As jy die kans kry om Die Vals Snor, met o.a. Chris Voster in, te kyk, moet jy. Dis baie snaaks. Dit gaan oor 'n dominee wat in die moeilikheid raak oor hy baie geld verloor by die casino.

maeree said...

freddy! jy's terug!
*druk*

Freddy said...

PZ
Ek sal my bes perbeer.

Maeree
Thanx vir die squeeze.

Lammie
Ek SAL rerig reageer as jy weer 'n grappie maak.