Tuesday, April 17, 2007

Runaway Bride


'n Ruk gelede hou ek troue langs die rivier. (Nie my eie nie.) Alles is pragtig, behalwe die erge sweet op die arme bruidegom se voorkop. Die bruid gloei.

Die egpaar is gespanne… verbeel ek my, of is die bruidegom onseker van sy balans?

Ek maak maar 'n grappietjie of twee. Almal lag ingenome. Almal behalwe die –gom. Hy het iets op die hart, maar wat?

Gelukkig begin my boodskap. Ek raak in vervoering oor my eie woorde. Af en toe byt ek net vas tussen paragrawe, want ek kan sweer die bruidegom wil iets sê. Ek hoop dat, ás hy val, iemand hom kan vang. Alles is nie pluis nie.

Ek gaan voort.

Die bruidegom se frons verdiep. Hy kyk kort-kort na die bruid. “Het hulle dalk baklei net voor die seremonie?” wonder ek.

Dan sien ek hier kom dit. Stadig gaan sy mond oop. Ek staal myself vir 'n Dr Phil-sessie met die feitlik-getroude egpaar, ten aanskoue van al die gaste.

Die bruid kyk na hom, hy na haar. Dan kyk hy vir my en kry die sin uit:

“Fokkit, Dominee, maar sy’s MOOI!”

Ek glimlag mooi en stem liewerste heelhartig saam, alhoewel dit nie vir my lyk of sy dit heeltemal SO wou hoor nie.

Maar sy het voorwaar nie gehardloop nie.

15 comments:

BatCat81 said...

Bhwahahahaaaaa...

Wat my interesseer van hierdie mooi verhaaltjie, is die egtheid van sy aanmerking. Dis mooi.

Lammervanger said...

Is dit 'n ware verhaal?! Jy moet eendag 'n kortverhaalbundel publiseer met al hierdie snaaksighede in. Iets soos "Pinkster en ander Prettighede" of "Ysbrekers vir Gespanne Statige Situasies"

Anonymous said...

Ek hoop my -gom sê dit ook eendag!

maeree said...

aaawww
gelukkig weet jy wat se mooi goed jy gesê het, want niemand anders het geluister nie.

Freddy said...

Batcat
Dis beslis

Lammie
Dit het regtig netso gebeur. lol@statigesituasies

Carien
Ons is seker hy sal!

Maeree
Om eerlik te wees, ek dink ek het toe reeds nie meer geweet wat ek gese^ het nie.

Anonymous said...

Tik jy net stadig, of gaan jy regtig niks oor 300 sê nie?

Freddy said...

Relaxed Russian
Jy moet my maar eers gemotiveer kry om dit te gaan kyk... Volgens wat ek gelees het, het ons dorp se plaaslike abattoir beter verhale van karakterontwkkeling. En minder bloed.

(Jy mag asb nie se dat ek dan flieks soos Ghost Rider kyk nie...)

Dis egter nie my gunstelingstokperdjie om kreatiewe menseslagtings te kyk sonder 'n storie nie.

Ek is nie onwillig nie - maar gee enigiemand my tog 'n positiewe element van 300, en ek sal die bloedige joyride gaan ry. Enigiemand?

Anonymous said...

Ek wou nog vertel:

My dominee-oom vertel my hy moes 'n verassingsdiens doen. Die as moes van 'n boot af oor die see gestrooi word. Met die gooi van die as, kom daar 'n dwarrelwindjie en waai dit toe in die sombere begrafnisbywoners vas.

My oom sê die moeilikste deel was om op 'n ernstige noot voort te gaan met sy boodskap.

Anonymous said...

Moet sê die gom aan my sy het ook 'n heel paar sweet druppels moes afvee!
Die dominee het vooraf vir ons baie mooi verduidelik van gee mekaar die regterhand en dat dit simbolies is van die kontrak wat mens sluit. My gom gee my toe 'n baie stewige bladskud, tot vermaak van al die gaste, toe die ds sê "Gee mekaar die regterhand".

Anonymous said...

minelli, dalk het jou gom net gesweet oor jy so hot is en langs hom gestaan het...

Lammervanger said...

As jy nie score na daai comment nie sal jy nooit score nie!

Freddy said...

Dit raak hier nou amper so steamy soos op idiwidi se blog noudiedag. Jammer, ek weet nie hoe om die link in te sit nie. Het oral in my konkordansie gesoek.

Anonymous said...

Dis 'n beautiful storie...

Anonymous said...

Hoe om te skakel in kommentaar:
om bv na http://pienkzuit.wordpress.com te skakel:
<a href="http://pienkzuit.wordpress.com">hierdie skakel wys na Pienk Zuit se blog</a> . dit sal dan verskyn as:
hierdie skakel wys na Pienk Zuit se blog

Anonymous said...

Dis 'n verskriklike oulike storie. En so oulik vertel!