Wednesday, April 04, 2007

Happy Feet




Ek het nie baie digbundels nie. Maar ek het een van Mattie Stepanek s'n: “Hope through Heartsongs”.

In Happy Feet gee die klein held van die fliek die eerste treetjie na “anders-wees”. Dis hierdie andersheid wat later sy heartsong word. Dis ook die andersheid wat die community tussen hom en die ander verbreek. Dis dieselfde andersheid wat dit later weer red.

Die fliek laat my wonder oor die aardigheid van communities. Die feit dat dit vloeibaar is en kan verander. Maar ook dat dit soos kwaai seestrome kan wees wat jou in een rigting wil druk. Kyk net: ons heldjie word weggejaag oor hy 'n gawe vir dans het, maar nie kan sing nie. In 'n ander community is dit met afguns bejeën. En later ontvang sy eie community hom weer met ope arms terug, juis oor hierdie ekstreme heartsong van hom.

Happy Feet help my om elke dag te kies:
· Om myself te wees
· Met passie en entoesiasme
· Ten spyte van teenkanting soms
· Want dis wie ek is
· En as die teenkanting verander, is dit 'n bonus.

Geagte broer en suster, ek wil graag vandag afsluit met 'n gediggie van Mattie Stepanek

Facing the Future

Every journey begins
With but a small step.
And every day is a chance
For a new stew, small step
In the right direction.
Just follow your Heartsong.

Moontlike teks: Ps. 118:22-23
(Ns.: Ek gaan vir week weg. Te danke aan VW se duur onderdele gaan ek nie, soos beplan, nou toegang tot 3G besit nie.)

3 comments:

Lammervanger said...

Op 'n manier sluit hierdie preek aan by my jongste preek.

maeree said...

fredddddyyyyy... hoe gaan ons 'n week sonder jou regkom????
hoe gaan jy 'n week sonder ons regkom????
gaan julle by my kom kuier???

Freddy said...

Ag, seen vir julle. Het julle gemis. (Flippen, kan ek nie meer vakansie hou sonder my laptop nie??)