Friday, June 29, 2007

Meet Joe Black


In my eerste gemeente het die hoofouderling die voorreg om die nuwe proponentjie eerste vir sy wyk te gaan wys.

Op pad na huis nr 3, vertel hy my dat die tannie se man onlangs oorlede is. "Maar wat, sy gaan goed aan."

Ons klim uit die motor, hy klop aan die deur. Tannie vat bietjie lank. Onseker prewel die oom: "Ek hoop nie ons is nou voor dooiemansdeur nie."
* * *
Ander keer is ek voor die begrafnis-ondernemers by die langslewende. Groot Oom se liggaam wag nog in die kamer. Die ondernemers daag op. (Ek sou verkies het dat hulle naam eerder "bo-nemers" moes wees.) Maar hulle bestaan uit: een sterke man, en een fyne vroutjie. Ek bereken vlugweg die gradiente van die gange en draaie en hoeke, en ek weet: Vandag is ek 'n Draer.

Ek kry my eie paar blou handskoene. Hulle squeek. Verbouereerd staan Fyne Vroutjie opsy. "Dankie, Dominee."

Ek en die sterk man moet ons draai ken. Ons two-step selfs hier-en-daar. Soms is die liggaam heeltemal vertikaal, en soms is ek darem weer vertikaal. Ek is later skoon dronk.

Sedertdien begryp ek wel hoekom is dit 'n ondernemer. Dis swaarder onder.

4 comments:

Anonymous said...

Baie oulike Six Feet Under storie!

Oppietrap said...

Molo buti. Kanjane whena?
Se net eers, het jy in die afgelope tyd nie dalk iets geskryf oor "As it is in heaven" nie? Indien wel, datum? Wil bietjie daaroor gesels en soek 'n gesprekspartner.

Freddy said...

Idi
Dankie. Al is dit bietjie dooierig, ne?

Oppietrap
Hayi, ndisaphila, enkosi, akukho nto imbi. Ek het sowaar nie As it is in Heaven gekyk nie. Maar nou laat jy my wonder. Sal plan moet maak.

Oppietrap said...

Gaan kyk, gaan kyk! Min dat 'n mens 'n audience het wat sit totdat al die postcrips klaar gerol het. En dan hande klap. (Sal graag wil hoor wat jy van die einde dink...).