Friday, July 06, 2007

Volgende post: Shrek Third

Ek is heel gespanne. By voorbaat behoorlik vies, of by voorbaat behoorlik tevrede. Dis 'n onhoudbare ervaring.

Die rede... ons gaan vanmiddag laat Shrek the Third kyk.

En die vrae wat huidiglik in my onderbewussyn rondwoel en kort-kort in 'n visioen uitbars (sien gerus Oppietrap se wondery hieroor), belemmer my konsentrasie.

Shrek 2 was eintlik in 'n ander genre as Shrek 1, though steeds goed.

Maar Hollywood is geneig om jillende, aksiebelaaide, skerpsinnige gediertetjies te laat toeneem met elke volgende uitreiking van elke fliek. Totdat daar van die oorspronklike sjarme niks oorbly nie. Dit voel soms in hierdie animasie-flieks asof jy agter 'n rekenaar sit met so vier tot vyf windows oop op een slag, en elkeen skree vir volle aandag. (Terloops, iets is radikaal fout met my lewe. Ek was nou al 68 keer die 999 999th besoeker op verskillende websites. Ek voel soos 'n tikkende tydbom.)

Tot weersiens. Dink aan my.

4 comments:

Anonymous said...

Sien uit na die resensie!

Anonymous said...

En toe? Hoe was dit? Huh? Huh? Huh?

Te veel amper-snaaks karakters met te veel amper-snaaks dialoog? Ek hoop nie so nie.

Terloops: Saterdag kyk ons in die koerant watter flieks wys, en sien toe dat al 6 flieks wat in Stellenbosch wys hierdie week, sequels is. Nie 1 oorspronklike verhaal nie! En dan pak hulle die skuld op seerowers vir hulle swak kaartjieverkope.

Oppietrap said...

Jy maak die afwagting nou ongemaklik. Movie's toe, of maar kyk op dvd?

Freddy said...

Sorry vir die afwagtings.

Ek is nie spyt ek het dit in die fliek gaan kyk nie. Dis heel goed. Moet net nie verwag dit gaan nuut en vars wees nie.