Tuesday, February 20, 2007

Ice Age 2





Manfred staan heel bo, op die yskrans. Onder wei die diere en die kiddies speel in die waterpark. Idillies. Maar hy sien hier bo die aaklige waarheid: naderende krisis. Die massa ys is aan’t smelt, en almal is in die opvanggebied (understatement, wink wink, nudge).

Hoe gemaak om 'n groep skeptici te lei wat jou nie wil glo nie? Jy sê dan nou iets anders as wat hulle nog altyd glo?

Wat maak van 'n groep mense 'n “community”? Kan 'n leier een wees sonder om deel van die community te wees? In Xhosa sê ons: “Umntu ngumntu ngabantu” ('n mens is 'n mens deur ander mense).

Dit bring ons by die uitdaging van leierskap. Die leier staan uit as individu “bo” die ander… en tog vermoed ek ons wil hê die leier moet ook deel wees van die gemeenskap. Is dit nie in elk geval een van Ericksson se ontwikkelingstadia vir jongmense nie? Identiteit vs rolverwarring beteken dat ek weet wie ek is as individu, maar dat ek dit tog net verstaan deur myself in 'n verhouding met ander te sien.

Manfred probeer die meisiemammoetjie oortuig sy is een. Hy kan nie. Sy moet dit self ontdek.

My leiersrol beteken dat ek ander nie kan oortuig nie, maar dat hulle wel tot by 'n plek gebring moet word waar hulle dit self gaan ontdek. Soos die meisiemammoet by die wilgerboom.

En is haar en Manny se ontdekking nie wonderlik wanneer die geysde see voor hulle oopgaan en 'n hele kudde mammoete te voorskyn kom nie?

Leierskap gaan oor 'n balans wat gehandhaaf moet word tussen individu-wees en deel-wees-van-community. Anders is jy op dun ys…

Moontlike teks: Arme Moses. Individu wat sukkel om ander te oortuig dat die trek beter is en nodig is. Maar met die oopkloof van die see ontdek hulle ook community en wie hulle is. Dus Eks. 14:15-31.

(Ek sien nie regtig kans vir die allusion na Noag en die ark nie…sal eerder verder wil giggel oor die similariteit tussen die eekhoring se Goue Akker en Virgin Mobile se advertensie. Verder: Weet enigiemand wat gaan aan met sommige platterige landse SterKinekors? Nee, hemel, ek is seker ek kan Apocalypto al op DVD koop. Hersiene uitgawe met ekstra materiaal.)

No comments: