Tuesday, February 06, 2007

Ultraviolet



Ek herstel nog na die "symbol-overload" van hierdie fliek. Wat is dit met vampire-movies en kruise? Nie dat hierdie ene regtig 'n vampier-fliek is nie.

Verder weet ek hierdie is nie veronderstel om resensies te wees nie, maar goeiste, die fliek laat jou voel jy is besig om te kyk hoe jou 9-jarige nefie besig is om 'n Playstation game te speel. End-uit.

In elk geval: Die mensdom het in hierdie fliek 'n kwaal tussen hulle: 'n virus. Dit maak dood. Kontak met liggaamsvloeistof soos bloed of trane is genoeg vir oordrag. En dit maak van jou 'n "hemophiliac" (bloedliefhebber).

Maar daar is 'n wapen teen die kwaal. Nog voordat hulle die wapen wys, weet jy reeds dit is 'n kind.

Tot vervelens toe word jy gebombardeer met godsdienstige simbole: Kruise, die twee slange wat genees (a la Medicross), driehoeke (wat soms gebruik word om die Drie-Eenheid te simboliseer), sowel as die drie sirkels wat in driehoekvorm oorvleuel. Die kruise is te sien in die vorm van die geboue, vensters, deuropeninge en selfs die reuse gebou waar die grand finale plaasvind, is 'n yslike kruis. Meesterlik word die 3-sirkel simbool (ook 'n bekende in Christendom) in die begraafplaas vervleg met die 2-slange-simbool.

Wat gebeur?

Vir die dood in die mense se bloed is daar 'n oplossing: 'n kind, wat soos Moses van ouds weggesteek moet word vir diegene wat hom wil doodmaak. Hy het selfs 'n hipermoderne mandjie.

Soos die Moses van die Nuwe Testament, sterf hy eintlik ook. Maar redding kom vir almal deur iets wat gebeur: Violet kyk na hom, en een van haar trane val in sy gesig. Hy het tot nog toe nie die virus in sy bloed nie, maar deurdat hy die virus op hom neem, gebeur daar iets. Hy word die genesing, net omdat Violet na hom gekyk het. Hy kry die virus in, word dus ook eintlik deel van die probleem, en op 'n vreemde manier kom die redding dan deur hom. Net so weird soos om na 'n koperweergawe van 'n giftige slang te kyk nadat jy gepik is, en dan gesond te word.

Moontlike tekste: Numeri 21:4-9 en Joh. 3:14.

2 comments:

maeree said...

it never rains but it pours!
ek hou van sci-fi, maar het gedink hierdie fliek is erger as daai ander ene waarin onse charlize gespeel het.
ek het lank terug 'n baie slim ou hoor praat wat gesĂȘ het 90% van alle sepies is bybels gekodeer (m.a.w. hulle vertel net bybelverhale oor). nou sien ek dis waar van flieks ook.
jy's baie slim.

maeree said...

aeon flux. dis charlize se fliek waarvan ek nie netnou die naam kon onthou nie.