Monday, February 26, 2007

Scream

Ek kan al SKRREEEE as ek 'n epos kry met die titel: "Dringende oproep aan alle Christene".

As ek my aan elkeen van hierdie dringende oproepe gesteur het, sou ek niks anders doen nie as om:

Te bid vir onbekende ontvoerde blanke kinders agterin twincam bakkies;
Gebed 6 keer per dag op spesifieke tye wanneer God beskikbaar is;
24 uur gebedskettings (is dit nou nie snaaks nie? Dieselfde ouens wat boeke skryf oor "bevryding", dink nuwe kettings uit);
Petisies te rig aan Bush en/of Clinton en/of Mugabe en/of Mbeki en/of...;
Dreigbriewe te onderteken aan Hollywood;
Bewerig eposse te forward wat reken dat as ek dit nie doen nie, ek eintlik nie regtig vir God lief is nie;
Angsbevange my eposse in te wag;
Ad infinito

Movie more.

2 comments:

Anonymous said...

Aan die begin het ek mooi eposse terug gestuur wat verduidelik dat die epos 'n hoax is, met 'n skakel na nsopes.com indien relevant. Toe begin ek nasty raak en sarkastiese eposse stuur wat verduidelik hoe dom jy is om die goed aan te stuur, en dat jy geld/bandwydte mors. Gelukkig is ek nou daar waar ek dit net ignoreer.

maeree said...

op maandag, 26 februarie 2007, sê freddy: "movie môre".
dis nou vrydag, 2 maart 2007.