Monday, February 12, 2007

Night at the Museum


Hollywood vrek oor profesieë. Selfs Night at the Museum maak daarop aanspraak. Ek maak met gespanne verwagting elke Vrydag my koerant oop om te sien wanneer wys Apocalypto hier, maar tevergeefs. Ek kan al Epic Movie gaan kyk, maar nog nie Apocalypto nie. (Ek is SEKER profesie kom daarin ook voor.)

In elk geval: Die skurk in die verhaal maak 'n profetiese uitspraak: “I think he’s the one…”, waarmee hy waarskynlik dan bedoel: Hierdie is die naïewe idioot (verskoon die toutologie) wat ons gaan kan uitoorlê om die museum te besteel.

En ek wonder: Presies “The One for What?” Want Matrix en Highlander het my al “The One”-voos gemaak.

Night at the Museum laat my wonder hoe sou die wêreld lyk as dooie dinge kon lewe kry. EK praat nie van die dinosaurus-beendere of die mummie nie, maar eintlik van die hoofkarakter en mense soos hy. Verbeel jou 'n wêreld waar elke mens, wat eintlik maar dood is in h/sy eie hokkie, kan uitkom en besef: There is more! (Ekskuus, ek weet ek klink nou soos Verimark of Glomail.)

Want natuurlik is dit absurd om te dink dat 'n Romeinse generaal iets van 'n cowboy se wêreld sal verstaan, of dat Attila the Hun 'n psigo-analitiese sessie in Engels sou kon waardeer. En tog was dit lekker om verskeie wêrelde te sien lewe kry en gesels met mekaar. Daar was iets meer vir elkeen as sy/haar eie wêreldjie. As pa sou ek ook graag my kind dit wou laat raaksien.

Die profesie word waar, maar anders as wat ek of die skelm verwag het. (Terloops, so gebeur dit met die meeste profesieë in die Bybel ook, dink ek.) Deur sy toedoen, word nuwe lewe in die museum geblaas, en hy word die een wat die museum red deur die verskeie wêrelde bymekaar te bring.

Ek is geïnspireer om weer te droom.

Moontlike teks: Wat van 'n lekker profesie? Sjoe, sou ek nou wou gesels oor “Them Dry Bones” van Esegiël 37:1-14, wat lekker lewe kry.

1 comment:

maeree said...

esegiël, ja!

ek het gister vir arme jesaja so jammer gekry. hy's so opgewonde: "stuur my!"
en wat doen God? hy stuur vir jesaja, en sê sommer byvoorbaat vir jesaja dat sy profesie nie te lekker gaan werk nie. doen hy dit nie met 'n paar ander profete ook nie: gaan sê vir die mense x, maar sorry, hulle gaan nie luister nie.