Friday, March 02, 2007

De la Rey en Hofmeyr

Hou duime vas. Een van die voordele van poppekas hou, is dat jy vir die kinders 'n verstaanbare boodskappie gee... met uitsonderlike geleenthede daarin verborge om sommer vir die grootmense 'n heel ander boodskap deur te gee. Dit beteken dat die mense dikwels die kinders se reaksies geniet, en na die tyd agterkom wat het HULLE gehoor.

Sondag kom De la Rey aan die beurt.

Genade, ja, Maeree. Ek het agtergekom: "Thou shalt never maketh promises on the blogosphere."

Kan enigiemand my help verstaan waarom Steve Hofmeyr so graag sy geselsie met Zuma met almal wou deel? Dit sou vir my meer sin gemaak het as Zuma geskryf het oor sy onderhoud met Steve.

1 comment:

maeree said...

de la rey het verlede sondag by ons aan die beurt gekom - video en al. die diens het gegaan oor vrede in 'n geweldadige wêreld.

het steve met zuma gesels?