Saturday, March 03, 2007

Click

Het jy nie ook al gewens jy het die remote controll van jou lewe in die hande gehad nie? Daai rewind knoppie om jou terug te neem tot net vóór die ongeluk, die slow-play knoppie vir daardie date, of die fast-forward vir die vergadering / fight / verkeersknoop.

Seize the moment, sê ons. Maar die moment is maar moeilik as dit regtig vervelig of sleg is. (Die honde in die fliek is al wat blykbaar weet hoe om die moment te gryp, al is dit met die arme speelgoed-eend.)

Die hoofkarakter soek sy momente in die hoogtepunte van sy loopbaan. Die tussen-in goete moet tog net verby kom. Hy ontdek op die moeilike manier dat LEWE eintlik gebeur saam met die tussen-in goete. Dit is toe nie die toekenning van my doktersgraad of die langverwagte bevordering of toekenning wat iewers in die toekoms gaan gebeur waarvoor ek leef nie. Life’s a journey. Ek weet ek klink nou na Nissan of die Hulett’s suikerpakkie by Mugg & Bean. Die MOMENTS van lewe lê egter nie iewers opgesluit nie. Dit is elke oomblik.

Ek dink die kerke wat die samelewing die seerste maak, is diégene wat net uitsien na eendag, en hoop opgegee het met NOU. (Jammer, my vrou, maar ek dink egter steeds seks gaan oor die orgasme ;-) )

Moontlike tekste: In 1 Pet. 1:3-9 “click” Petrus tussen die hede en die toekoms. Sy punt: Die toekoms bepaal reeds hoe jy kan lewe in jou “nou”. Of wat van Pred. 11:7-10? As jy lg. ter harte neem, sal jy in elk geval nie sulke maagflappe ontwikkel soos Sandler in Click nie…

6 comments:

maeree said...

ek dink ook seks gaan oor die orgasme. waaroor anders?

Freddy said...

Blykbaar "getting there"?

maeree said...

getting where?
there.
wat maar weer beteken dat seks oor die orgasme gaan.

Freddy said...

Dis nie wat Nissan reken nie. Om by jou eindbestemming te kom, beteken dat jy die reis moet geniet tot daar. Dit gaan nie net oor die bestemming nie. Of lees jy nie suikerpakkies terwyl jy vir jou koffie wag nie?

Anonymous said...

Seks gaan oor die wondersoete en subtiele kaleidoskoop van reuke en klanke wat in die lug rondom twee mense draal terwyl hulle die liefdeskuns beoefen, terwyl hulle mekaar se lywe soos viole speel.

Anonymous said...

Heng prof - dis nou vir jou 'n beeld! En ek hou nogal daarvan. Ja wat, as seks net oor die orgasme gaan, dan is dit maar eintlik net 'n waste. Die vioolspelery is tog ook lekker. Dis die saamwees wat mos hier belangrik is.