Tuesday, March 06, 2007

Scream 2


Miskien kan iemand help?
Daar is 'n paar blogs wat ek op Wordpress geniet. Maar ek is besig om my kop te verloor daar:
Elke blog by Wordpress wat ek vir die eerste keer besoek, laai mooi netjies af tot op die nuutste inskrywing. Maar as ek teruggaan, selfs 'n hele week later, word alle nuwe inskrywings wat intussen bygekom het, geignoreer. Refresh help nie. Ek moet met ompaaie by die nuwe posts en comments uitkom. Ek is selfs op feeds ingeteken, maar dit help nog nie.
Over geset synde: Wordpress is vir my 'n frustrasie, maar is ek die enigste ene wat daarmee sukkel?
Aaaaaaarrrrrgh!

13 comments:

Lammervanger said...

Dit is die duiwel wat jou aan die vloek probeer kry.

Anonymous said...

Werk selfs Ctrl-F5 vir refresh nie?

Freddy said...

(Terwyl asem ingetrek word:) Haa-a-a-a-a! Dit werk. Ek het regtig nie geweet mens moet 'n rocket scientist wees om Wordpress met Explorer te geniet nie.

Anonymous said...

Altyd bly om te kan uithelp. F5 / Refresh knoppie gaan haal soms nog steeds die blaaie uit jou cache (hang af hoe jou setup is). Ctrl-F5 vorseer die resfresh om van die server af te laai. Ek sal jou 'n mail stuur oor hoe om jou setup te verander om dit altyd reg te doen.

maeree said...

is dit hoekom jy nie gereageer het op sommige mense se skimpe nie?

Freddy said...

Watter skimpe? Gaan nou kyk.

Lammervanger said...

Ek sal dan maar op my eie lag vir die duiwel grappie.

Lammervanger said...

Nadat jy vir my duiwel grappie gelag het, beantwoord asb die volgende vraagstuk. Een van my baie goeie pelle hierso skei nou van sy vrou (sy skei en hy tjank). Hy glo nie juis nie maar nou is hy twee keer per week in die kerk en hy kry tapytburns op sy knieë van al die bid. Hy sê hy voel nou baie meer rustig oor alles...

Hierdie tipe voorbeeld gee natuurlik geweldig baie skietgoed vir die mense wat sê dat geloof opium is vir die gepeupel en dat geloof 'n tipe medikasie is wat uit die badkamerkassie gehaal kan word soos benodig.

Help asb met 'n sinvolle antwoord.

Freddy said...

Lammie
1. Ek het eers vir jou grappie gelag, en toe ernstig oorweging geskenk aan die waarheid daarvan... :-o

2. Ek was te oorstelp oor die ctrl-f5 rewolusie in my lewe.

Wat betref jou vraag, ek sien nogal dit moet 'n sinvolle antwoord wees. Daaroor sal jy maar self moet oordeel!

'n Paar los idees:
* Natuurlik kan mens die opium-argument verstaan. En ek dink dit KAN inderdaad dikwels so funksioneer. Ek was noudiedag by 'n tannie wat fanaties is oor haar geloof, en profesiee en uitsonderlike gebedsbelewenisse. Na 3 vrae kom ek toe agter sy het eintlik al vir jare huweliksprobleme, en haar manier van "cope" was om op hierdie ernstige trippie te gaan. So word die eintlike issue op die agtergrond geskuif, en geloof word 'n kruk wat dit nie veronderstel is om te wees nie. Ek beskou geloof nie as iets waarmee jy realiteit kan ontduik nie. Juis nie. So, godsdiens is inderdaad vir baie mense opium. Soos wat 'n gestaar na TV-sepies dit vir baie mense ook kan wees: Dit vat jou fokus weg van die eintlike goed wat jou pla. Of soos iemand wat so seer gekry het in n verhouding, dat hy net nie sonder n meisie kan wees nie. Sodra hy alleen is, word hy gekonfronteer met dit wat nog pla.

* Kom ons praat oor 'n sielkundige wat iemand sien oor depressie wat ontwikkel het. Wat in die spreekkamer gebeur, is argumentshalwe 'n meisie wat geweldig sukkel met haar verhoudings. Geweldige uitbarstings in die huis het gelei dat haar ouers haar gebring het. Die eintlike issue is nie die uitbarstings of depressie nie, maar hoe sy haarself sien en haar identiteit verstaan. Daarmee help die sielkundige. Dis n goeie ding wat gebeur, maar n slegte ding het daartoe aanleiding gegee dat die goeie ding gebeur. Die meisie het nooit die moeite gedoen om goeie aandag aan hierdie deel van haar lewe te gee nie. Die probleme wat opgeduik het, het egter daardie betrokke behoefte na vore gebring. Sy sou dit kon doen SONDER dat die probleme eers opgeduik het, maar dit het ons bewus gemaak van haar identiteitskrisis. Soms gebeur goed met ons, en dit bring n behoefte om n klomp ander goed te probeer uitsorteer. Dit gaan oor ons basiese behoefte aan balans. Hoekom moet dit ons geestelike belewenisse uitsluit?

* Ek dink God het nogal die vermoe om ons te ontmoet waar ons is. If it's on top of the world, so be it. As dit in ons laagtepunte is, ditto.

Maak dit sin?

Lammervanger said...

Een en drie is sinvol, maar ek worstel met twee. Amper sê ek wortel.

Ek praat spesifiek van hoe jy hierdie situasie gaan verduidelik aan iemand wat nie glo nie. Hulle sê mos altyd dat die onus om te bewys dat daar wel 'n opperwese is, op die een is wat so sê. (Ek dink natuurlik dis 'n klomp stront - as ek sê daar's 'n hond in die hondehok en iemand anders sê daar is nie, is die bewyslas ewe groot op ons albei. Anyway...)

Hoe sal jy vir iemand wat nie glo nie oortuig dat hierdie ou (en almal soos hy) nie net aan geloof vasklou omdat hy dit nou nodig het en dat hy dit weer gaan wegsmyt as die pyn weggaan nie?

Freddy said...

Gegewe jou spesifieke vraag, maak dit sin dat ons nr 2 los. Behalwe dat, afgesien van "geestelike groei" dan, baie mense great persoonlike groei beleef het dmv krisisse. Bv Victor Frankl in die konsentrasiekamp. Kom ons skuif dit opsy.

Ek ken self n paar mense wat deur krisisse is en steeds geloof het, nog beter as ooit. Selfs nadat die pyn ook weg is.

Maar daar IS n probleem: Die ouens wat botweg weier om te glo, wil net glo op grond van waarneembare feite. En nerens op aarde gaan jy n situasie geskep kry wat void van pyn is nie. So jy gaan nie n pynlose situasie kry om dan te sien of die mense steeds glo nie.

Jy vra: "Hoe sal jy iemand oortuig dat..." Ek gaan doodgewoon nie. ALMAL hou in elk geval aan iets vas, reken ek. Ek praat nie noodwendig geloofsgewys nie. Dis dalk loopbaan, motor, seks, tuine, musiek, whatever. Ons maak planne met pyn.

Wat MY laat wonder, is: Hoekom is dit vir mense so NB om te bewys dat die skeiende ou na opium gryp?

Ek dink nie hierdie n slim argument om te probeer se^ God bestaan nie:

"Persoon x kry seer. Hy skep n god om sy pyn op te projekteer en heel te word. Hy raak beter en discard die god wanneer hy klaar is."

Nouja, ek dink regtig daar IS baie wat dit doen. Maar is dit nou slim om te se^ God bestaan nie omdat persoon x se god nie bestaan nie? Verder weet niemand regtig wat gaan in jou vriend se kop nie, en of hy enigsins soos persoon x maak nie.

Sjoe, mens praat moeilik sonder hande.

Lammervanger said...

Dankie...alles sinvolle dinge. Ek weet nie hoekom dit so belangrik is vir die mense om die opiumgrypers uit te wys nie. Ek dink baie keer dat hulle hulself probeer oortuig dat hulle reg is en nie noodwendig vir my dat ek verkeerd is nie.

Watse Gesang gaan ons sing?

Anonymous said...

DUIWELGRAPPIE IS EEN WOORD.
Wat my nogal onderkry is die probleme wat blogger dikwels gee as mens julle blogspot-blogs wil lees. Elke tweede dag kan jy niks blogspots oopmaak nie, dan kry jy net sulke grys venstertjies wat vra of jy een of ander dokument wil aflaai. Is dit net ek wat so sukkel?