Saturday, March 17, 2007

Forrest Gump


Wat ek vandag met my eerste halfmarathon geleer het:
1. By watertafels kry jy sulke sakkies water. Moenie doelbewus of per ongeluk op hulle trap nie. Dis aaklig om net nat skurende lieste te probeer hol.
2. Moenie met ander mense se lisensienommers spot nie. (Bv. argumentshalwe, as dit nr 666 is.) Ek het toe maar my mond gehou toe atleet nr. 69 verby my kom.

6 comments:

Lammervanger said...

Ek het eenkeer die SAD halfmarathon by Wellington gehardloop. 'n Vriendelike dogtertjie staan iewers in 'n gevorderde stadium van die wedloop nader om 'n watersakkie vir my aan te gee. In my laaste treë wat ek gee om by haar uit te kom, trap ek op 'n sakkie vol Game of Energade wat toe regoor - en ek bedoel regoor - haar hele lyf ontplof. As straf het ek miltsteek gekry op die 16km merk. As verdere straf het ek gedog die daar-is-nog-1km-oor banner was die eindstreep. Ek kon amper nie daai sielkundige hou absorbeer nie.

Anonymous said...

Daar was 'n tyd in die laat negentigerjare toe hulle vir vreeslike swak flieks Oscars gegee het. Forets Gump was so een, maar Gladiator was nog veel swakker. En die laagtepunt was Braveheart.
Nou wag ek vir 'n reaksie op hierdie stelling.

Freddy said...

Freddy
Moenie so kwaad word as jy nie kan comment op jou eie blogkolletjie nie. Al wat jy hoef te doen, is om maar net weer van voor af te probeer reageer op die comments. Wie weet, dalk net werk dit hierdie keer?

Lammie
Ek kan net imagineer.

Salige Rusie(pit)
Ek is nie altyd so seker of jy regtig jou hart deel met die kuber-omgeegroepe en of jy net 'n meester is met die ysbrekervrae nie?

Ek het nogal van Gladiator gehou, en wel om die volgende redes:

(1) Musiek. (Come to think of it, by my speel dit gewoonlik die grootste rol. Dink nou net hoe stupid sal Superman lyk as hy vlieg sonder John Williams se musiek? Dit sal totaal en al ongeloofwaardig lyk! :) )
(2) Akteurs. Wie het nie gegril van Joaquin as die vieslike keiser nie?
(3) Die verweefdheid van die beelde waar die hoofkarakter in die koringland loop met die res vd storie. Ag, niks nuut nie, maar het gedink dis goed gedoen.

Ek het nie Braveheart gekyk nie. Is daar dalk enigiemand wat vir ons die psige van Mel Gibsonflieks kan verduidelik? Behalwe nou vir die derm-uitrygtonele of vibrerende vleisstukkies.

Freddy
Sien, sien? Jy kon toe.

maeree said...

argh. ek het gedink braveheart was loutere twak.

Anonymous said...

Maeree, bel my as jy weer op Hermanus is sodat ek jou kan soen vir daai een.
Freddy, jy is reg oor Gladiator se soundtrack. Ek besit dit op CD. Jy moet ook ander CD's van Lisa Gerrard probeer bekom, sy is my gunsteling. Maar die fliek is junk.

BatCat81 said...

Forrest Gump het gemaak dat ek van tafeltennis hou, en boonop so bietjie goed is daarmee (*net 'n bietjie*)

:)