Monday, March 05, 2007

Constantine

In gespanne verwagting op Apocalypto hier in my wêreld, kyk ek toe maar Constantine, wat ek nog altyd ontwyk het.

>sug<

Dit is by verre die mees pessimistiese fliek wat ek nog gesien het. Soos wat god (jammer, maar die hoofletter werk net nie hier nie) in die storie uitgebeeld word, is hy 'n idioot – iemand wat ongenaakbaar sinnelose “reëls” breinloos uitvoer, ongeag die gevolge daarvan. Daarenteen is Lucifer effens vindingryk en darem iemand met verstand en die vermoë om gesprek te voer.

Consider this: John Constantine het die vermoë om hel toe en terug te gaan, net om bietjie insig te verkry. En die hel is op dieselfde plek as waar jy is, net in 'n ander dimensie. Tot vervelens toe besoek jy 'n winderige hel waar reptielagtige demone rondbeweeg. Jy sien Lucifer en 'n verraaierige Gabriël wat nie genade verstaan nie en vlamme en bloed en pyn en longkanker. Maar nie een keer sien jy God nie. Hy is eintlik heeltemal magteloos en kan net 'n aksietjie uitvoer as dit inpas in sy reëls. Daarenteen is die demone en Lucifer vindingryk genoeg om teen reëls op te tree en dinge tot hul voordeel reg te kry.

Die hel is die hele fliek vol. Maar gegewe die genre, sou ek darem iewers 'n glimpsie (jammer, alle erudiete lesers, vir die anglisisme) wou kry van die hemel of God of so iets.

Dit gebeur nie. John Constantine sê dit selfs een keer: “God is a boy with an ant farm.” God is die afwesige een. Vir demone word gesê: “Come forth,” en dit gebeur. Met God? Nee wat.

Ou John-Boy se laaste woorde in die fliek is: “As it says in The Book: God works in mysterious ways.” Ek sal nogal graag wou weet in WATTER boek staan DIT?

Nogtans, dit is dalk ons persepsie vandag. God is afwesig. Werk self jou eie weë uit en probeer “evil” uitoorlê. Dis baie erg. Jy kan bargain met die duiwel, maar nie met God nie.

Ek moet erken, dit voel soms so. Maar ek glo tog anders.

Moontlike tekste: Psalm 88 klink baie of John Constantine dit sou kon bid. Veral verse 12, 16 en 19.

9 comments:

Anonymous said...

Baie mense reken Keanu Reeves flieks hoort in die hel, so dit is seker gepas (ek is nei een van hulle nie, maar ek ken 'n paar).

Anonymous said...

Daai fliek is nie eens scary nie.

Lammervanger said...

Bring hy dan nie ook 'n nota terug vir die chick wat hy self in die hel gaan haal het nie? Ek praat nie nou van die een by Calitzdorp nie.

Freddy said...

Zuit
Kan hulle dit dan regtig ook se van Matrix I? Want dis nou die een fliek met die meeste Christian verwysings ("allusions") wat ek nog gesien het. Nog meer as Lord of the Rings. (Ek het my egter so vererg vir nr II en III dat ek bekeer is van Matrix. Mens skep nie onnodige onduidelikhede wat nooit opgelos of verduidelik word nie.)

Prof
Soos die kort koninkie in Shrek 2 drie keer uiter: Indeed.

Lammie
Ja! Hyself is steaming hot van die hel en oral was vlamme. Maar die plastiek met die papiertjie is ongeskonde.

Dit bly vir my snaaks om te sien hoe mense die hel uitbeeld as 'n plek waar demone en duiwels hulself kan geniet. Maar dit kom al uit die middeleeue.

Anonymous said...

Nee, soos ek sê, ek is nie een van hulle nie. Ek het baie van Speed gehou, en Matrix is een van my gusntelinge (watter nerd hou nie van Matrix nie?). Matrix 2 het my egter so teleur gestel dat ek nou nog nie 3 gekyk het nie. Dieselfde het gebeur met Star Wars, episode 1 en 2 was so flou dat ek nooit 3 gekyk het nie.

Freddy said...

Bly maar weg van nr III. Hulle is nogal konsekwent met die kwaliteitsgroei..!

Anonymous said...

Hier is nog 'n nerd wat van Matrix gehou het. Maar 2 en 3 was 'n sonde teen die mensdom. Freddy skryf iets oor The Matrix (ek weet omtrent elke teoloog het al, maar doen dit anyway.)

Anonymous said...

Ek besluit om Constantine nie te kyk nie, en eks nou nogal bly ek het nie. Ek moet erken eks 'n Keanu fan en ek het al 3 Matrix movies gesien en het hulle geniet vir wat dit is.

Pienk - Jammer jy het Star Wars 3 gemis - dis beslis 'n hoogtepunt in die reeks! Kry hom nou!

Anonymous said...

Dit alles tersyde - cinematographically is dit 'n damn goeie fliek.