Monday, March 26, 2007

March of the Penguins

Dis nie aldag dat mens regtig vasgenael sit om na 'n Franse dokumentêre film met Engelse onderskrifte te kyk nie. Dit voel deurgaans na 'n lang, misterieuse erediens. En dit begin met asemrowende skote van blou ys-katedrale. Die musiek laat jou tegelyk hartseer en vrolik voel.

Ek het net besef: Daar is soveel wêrelde waarvan mens eintlik net niks weet nie. Dit voel asof die pikkewyne aan een of ander geloof behoort. Wat my geraak het:

· Klomp individuele pikkewyne en groepies vorm skielik op 'n dag spontaan een groot liggaam. Dis die begin van 'n uitgerekte oorlewingsritueel.
· Onsigbare magnetiese velde is vir hulle tasbaar. Met geheue en saam-wees en onsigbare “kaarte” onthou hulle die pad. Die pad lyk elke jaar anders.
· Daar is 'n konstante geveg teen die “white”. Dit word saam gedoen.
· Die pikkewynma’s loop altesaam 40 dae om betyds terug te wees met kos wanneer die kleintjies uitbroei. Hoe belangrik is 'n belofte nie? “I’ll be back.” (Schwarzenegger en Jesus)
· Aurora Borealis is 'n herinnering in die donker winter dat die son wel nog daar is en dat lente weldra kom.

Maar wat my die meeste getref het, is die hele pikkewyn-community wat net een doel het: Die suksesvolle versorging van kleintjies. Afwesigheid van selfsug. Kos wat vir drie maande in honger lywe gebêre word vir wanneer die kleintjie dit gaan nodig hê.

(Ja, ek weet dis alles instink. Nogtans.)

“It takes a village to raise a child.”

Maar die huise in my village het mure om. Party is van steen. Ander van selfsug of ignorance.

Iemand het gesê: 'n Gemeenskap word gemeet volgens die hantering van hulle broses.

Moontlike tekste: Matteus 23:37
Of Jesaja 60:1-5

3 comments:

Anonymous said...

Ek sweer voor die Here, ek het Saterdagaand March of the Penguins gekyk en my eerste gedagte was, ek MOET Maandag, sodra ek by die rekenaar kom, vir Freddy vra om iets daaroor te skryf. Cray-Z!

Freddy said...

Dis regtig weird. Het dit self Saterdagaand gekyk. Maar as jy wou kinekansel, dan het jy seker iets op die hart na aanleiding vd fliek? Watch this space...!?

maeree said...

vragie: wil jy nie asb, twv die van ons wat nie bybels by die werk het nie of te lui is om alles te gaan naslaan, die tekste waarna jy verwys link na 'n online bybel nie?
dalk werk www.bybel.co.za