Thursday, January 11, 2007

Casino Royale


CASINO ROYALE

Om “real” te wees.

Dit was amazing dat James vir die eerste keer nie omgegee het of sy drankie geskud of geroer word nie. Hy soek net die flippen drankie.

Ek is nou ook daar. En nie wat my Cabernet Sauvignon se temperatuur betref nie, maar wat ek in my eie lewe soek. Miskien is dit hoekom James hierdie keer vir so baie mense so goed was. Behalwe vir die feit dat James byna sy onderdele gesien het, is daar iets in die storie wat, glo ek, by ons resoneer.

In Casino Royale voer James vroeg-vroeg 'n gesprekkie met M in haar eie huis. Die tema? Vertroue. Die feit dat dinge anders is as wat dit was.

007 ontmoet sy liefde. Dis nou die ene waarvan hy éérs hou voordat hy seks met haar het. En uiteindelik besluit hy om te bedank. Hy het 'n groter droom as die huidige situasie. The real thing. En ek, die kyker, voel skoon opgewonde oor die moontlikhede van 'n nuwe opwindende lewe van 007 saam met die girl.

Maar die droom sink. In 'n oomblik is die bedanking, die nuwe lewe en die droom gekelder. Voor jou oë. (Dit was nogal 'n onderwater toneel waar ek die benoudste ooit geword het.)

Is die lewe dan so moeilik? Gee net die flippen drankie. Nes ek probeer om van oortollige laste ontslae te raak, kom daar nuwes. Die struggle vir my is om eg te bly. Nie net om kop bo water te hou nie.

Tekste oor egtheid: Lukas 11:39-42. Of Johannes 12:1-8 waar Maria Jesus met nardusolie salf en die ander kastig besorg is oor die armes.

3 comments:

Anonymous said...

hey freddy, jy moet die blog van jou se adres onder dominees versprei, dan kan ons dalk 'n paar nice preke hoor.

Freddy said...

Ek sal kyk wat ek kan doen, dalk by dominee.co.za of so iets.

Do Kwang said...

Freddie (kug, kug, ernstig, ernstig) ek wil regtig vir jou noem dat ek dink hierdie is 'n uitstekende blog en ek hoop jy gaan hom lank aan die gang hou. Opregte komplimente. (Ek is nugter.)