Tuesday, January 16, 2007

The Village


Vrees en vrede

Dis nogal weird dat ek The Village te siene gekry het. Ek stap dan juis altyd by die horror-afdeling verby. Catch 22 is, dit is eintlik 'n drama. Maar sit hom op by drama en jy gee die game weg.

Hierdie fliek voorsien ons nogal van 'n wonderlike allegorie vir die kerk. (Afgesien van die feit dat daar net drie wette is!)

Die pseudo-vrede word gehandhaaf deur vrees vir die ander: "They". Daardeur word die inwoners van die village beskerm teen die wrede wereld daarbuite. Al beteken dit soms iemand of twee se dood, asook 'n lewenslange vrees vir die monsters. Die reels moet ten alle koste gehoorsaam word, anders verval "ons" identiteit.

Dis egter als behalwe eg en 'n kunsmatige wereld wat geskep word.

Aangrypend dat dit die blinde meisie is wat bereid is om die reels te oortree om iemand se lewe te red. Haar liefde maak dit moontlik om die barrier te breek.

Ek sou by hierdie fliek eintlik eerder 'n lekker groepbespreking wou sien as 'n preek.

Moontlike teks: Joh. 4:1-26. Dit gaan oor die village Sigar, maar die situasie is omgekeer: Die Jode buite die dorp het 'n klomp reels, wat Jesus bereid is om te oortree.

Daar is ook 'n aangrypende storie in Joh. 9 waar die blinde man "gesien" het, terwyl die wat kon sien, ala Village, eintlik blind was.

(Ek kan nie wag vir more se post nie. Het n foto om daarvoor te gaan neem wat by hierdie storie pas...)

3 comments:

Do Kwang said...

Wanneer kom Three Colours White?

maeree said...

"Ek kan nie wag vir more se post nie."
dit was dinsdag.
sĂȘ maar net.

ek hou van jou blog.

doen march of the penguins ook.

Freddy said...

Sorry.

Sommer vies vir myself, maar gaan binne die volgende 10 minute verby die plekkie ry wat ek wil afneem.

3 c White op pad. Kan net nie besluit of dit n komedie is of nie.