Thursday, January 04, 2007

Mistress of Spices


Ek dink ek sou nogal 'n Indiër kon wees. Mooi kleure, selfs op jou kop, en die kosse is ook glad nie vaal nie. Ons hoofkarakter Tilo lyk soms soos een pragtige vuurrooi chilli, en af-en-toe letterlik aan die brand ook! Hier is drie voor-die-hand-liggende tema’s waarby ek die fliek sou kon inspan.

1. Destiny. Dit was nou maar een maal hierdie vrou se roeping om 'n mistress of spices te wees. Alles in haar lewe het op die ou end daarop afgespoel(!).

Moontlike tekste: Ps 139; Jes. 41.

2. Commitment. Haar keuse om 'n mistress of spices te bly, verg soms baie.

3. Genade. Aanvanklik lyk die spices asof hulle nogal genadig is. Die hele idee van 'n mistress of spices, is om ander te help. Nogal cute en sprokiesrig. Maar hel, ek sou nie in so 'n ongenaakbare speletjie betrokke wou wees nie. Om 'n mistress te wees, het reëls ter sprake. En is die spices hardvogtig oor daardie reëls! Wanneer die hoofkarakter se motiewe nie meer 100% is nie, loop die mense deur.

Moontlike tekste: Jy vra dalk waar is nr. 2 hierbo se teks? Die antwoord is: Ek sou nogal graag wou rondspeel met Hosea by nr. 2 sowel as nr. 3. Hosea se commitment aan God is so sterk dat hy met 'n prostituut trou en haar telkens weer terugvat… om God se genade op die ou einde te verkondig.

Ek het laas jaar ontdek: Ek neem nie sommer vreeslik sterk standpunt in oor baie goed nie. Behalwe as God se genade in gedrang kom. Is Sy nie nice nie?

8 comments:

Do Kwang said...

Sien ek 'n patroon?
Hou jy baie van chick flicks?

Freddy said...

Do re me fa so le te kwang

Ja, ek hou baie van chick flieks.

En kiddie flieks.

En fantasiee (big favourite)

En drama's

En skopskietbliksems

Rillers

(Nie horrors, yuck, op hoeveel maniere KAN bloed dan nou spat??)

En sci-fi's (nog n big favourite)

Reminder: Ek het ook gehou van jou Buck Rogers-stukkie. Moenie my vra hoe om die link hier in te sit nie.

Naskrif: Ek het Lucky Number Slevin ook geniet (nie chick fliek nie), maar ek kou nog aan die preekmoontlikhede. Die skopskietbliksems is bietjie moeiliker vir preek-idee's.

Do Kwang said...

Gruwel het baie preekmoontlikhede. So gaan The Hills Have Eyes oor die dun lyk tussen gesinswaardes en bloedstollende barbarisme. En Hostel gaan oor die euwels van sekstoerisme. En Rosemary's Baby gaan oor die duiwel (sekerlik 'n preekmoontlikheid).

Do Kwang said...

Gaan kyk Wolf Creek en dan lewer jy 'n preek waarin jy jou gemeentelede waarsku om nie te ryloop nie. Dit sal 'n baie uitkomsgebaseerde preek wees.

Freddy said...

Kwang

Klink kreatief genoeg. My gemeente is hoeka al so lus vir moralisme en vies oor hulle dit nie kry nie. (Dink ek)

Of ons kyk House of Wax en sê mens moenie ander mense se vingers afsny nie.

Anonymous said...

Wat het jy gesê van Trois couleurs: Bleu? Doen Trois couleurs: Bleu!

maeree said...

lol @ freddy & do kwang
(ek dink baie mense sal na do kwang se kerk toe gaan as hy 'n dominee word, want hy sal die hel - letterlik - uit hulle scare)

ek hou van grillers, maar the hills have eyes was vir my bietjie erg.

ek het nie mistress of spices gesien nie, maar ek sal een van die dae, belowe. terwyl ek jou idees lees, wonder ek: kan die spices soos God wees?

o ja, en moenie dink ons het nie gesien hoe die skerm toewasem toe jy daai eerste paragraaf geskryf het nie!

Freddy said...

Net ter wille van die rekord: Ek bespreek nie regtig die kwaliteit van die flieks nie. So wanneer jy Mistress of Spices uitneem, is dit nie noodwendig op my aanbeveling nie.

Blue en Red sou wel wees... jy kan dit my leen as jy wil.