Wednesday, January 24, 2007

X-Men III: The Last Stand


Wat is dit met die wêreld vandag dat almal in 'n kategorie van twee teenoorstaande opinies ingedwing moet word? “You MUST take a stand” is nou al 'n sinnetjie wat my doodmoeg laat.

Reeds in Xmen I word Wolverine gedwing om kant te kies. Waar staan jy? Watter kant van watter kader bevind jy jou? Die wêreld duld geen gematighede nie. As jy bloot wil luister wat Laurie Gaum sê, is jou hele integriteit skielik onder verdenking.

In die X-men flieks is daar 'n stryd aan die gang: Mutants teenoor homo sapiens. (Het die woord jou oog gevang?) Daar is mutants aan beide pole van die geveg, asook ongemuteerde mense. Óf jy veg teen mutants, omdat hulle die menseras bedreig, óf jy veg teen ongemuteerdes, omdat hulle mutantphobics is.

Met die gevolg dat die arme adolessente mutants worstelinge het met hul identiteit. Dit bepaal grootliks aan watter kant van die twee kampe jy jou gaan vind. Dis nogal erg om die outjie met die vlerke te sien wat hulle probeer uitskuur, net omdat sy pa niks van mutants wil weet nie. In hoeveel huise gebeur dergelike dinge nie nog steeds nie? En dan die kwessie van die “cure”…

Op skool het ek nogal 'n voorliefde vir die charismats gehad. Ken nog steeds 'n klompie vir wie ek baie lief is.

Maar daar is iets wat my heeltemal koud laat. Dis om my menslikheid te verloor en 'n eks-mens te word ter wille van 'n standpunt.

Soos by gister se byeenkoms. Die vroue-pastoor staan met papiere in haar hand oor aborsie en homoseksueles. “People, we need to make a stand. We can not be unarmed. We need to fight.”

Hier is sprake van 'n fabriek wat in ons dorp oopgemaak gaan word met erge implikasies vir toerisme en werksgeleenthede. Daar is oorgenoeg ongerymdhede om Special Assignment bietjie besig te hou. “What do you say about that?” vra ons haar. Sy dien op die stadsraad.

“You see, we want to complain about stuff like that, while we don’t even do anything about the real issues,” antwoord sy vurig.

En so beland ek nog 'n tree nader aan 'n pool.

Ek moet my skaar aan 'n kant, terwyl ek my eerder wil skaar by mense. En damnit, daarvoor gaan ek seker nog gekruisig word.

Net so wou die Fariseërs Jesus telkens in 'n groepie indwing, 'n pool teen 'n ander, sodat ten minste een groep mense sy dood sou soek. Maar het Hy dan nie telkens gewys daar is 'n ander, groter issue nie? (Kyk mooi: X-men posters krap die kruis dood. Rather take your stand.)

Sien Markus 12:13-17 (dalk met 18-27) en dan vers 28-34.

Hoekom voel ek nou so moeg? Ek soek van daai mooi wit vlerke.

5 comments:

maeree said...

wow.
freddy, ek dink wat jy hier doen is absoluut geniaal.

oor die vrou-pastoor: jy kan haar maar ignoreer. sy mag anyway nie 'n pastoor wees nie. geen vrou kan met authority praat nie.

leonard sweet sê dat die middel besig is om te verdwyn. waar mense voorheen soms "draadsitters" was, is ons nou óf vir óf teen iets. ons sien dit baie helder in ons land.

in die fliek "the priest" is daar hierdie aangrypende toneel. 'n meisie het pas gebieg dat haar pa haar verkrag. die priester loop heen en weer en bid, worstel met God oor die "sanctity of the confessional". hy praat oor wat Jesus sou doen: Jesus sou dit stop, sou praat daaroor. maar hy kan dit nie doen nie "because they would crucify me". dan sien hy die kruis teen die muur.

Do Kwang said...

Ek meen die hele X-men reeks is 'n gay metafoor. Lees Ursula le Guin se kortverhaal "The Flyers of Gy" - die hele stuk oor die man met vlerke is daaruit gegaps en die tema van die storie is presies dieselfde. Dis als baie obvious.
Gestel jy sou kon verander wie jy is, sou jy? Hoef jy? That's the question.

Freddy said...

Ek het ook gedink veral die kwessie van die tiener-outjie se pogings om aanvaarbaar te wees, saam met die "us" en "them" -woorde maak dit sterk. Thanx vir die tip oor Ursula le Guin. Sal gaan lees.

Luna Bee said...

hi daar Fredddy, Ek moet sê ek hou baie van hoe jy die flieks ontleed. Ek hou ook baie daarvan on dit te doen, dit verryk jou so en wys vir jou 'n ander oogpunt van die lewe wat die moderne mens somtyds vergeet! Ek hou nogal hoe jy die mutants eintlik vergelyk met wat vandag gebeur! Dit gebeur oorhalste, Mutants is oorhalste - (die weird mense, die Christenne, ens.) Mense van vandag is so vinning om te judge, voor jy weet voel jy minderwaardig en dan swak selfbeeld. EK dink die passie moet weer ontvlam sodat ons weer onthou, hoe is dit om the lewe! 'n Cause het om voor te veg!!! Sonder dit is ons besig om boring te raak en jou Fighting spirit weg te sluit in 'n kas!!!! Sal weer later praat! :-) 10/10 vir jou blog. "Back to Russia"

Anonymous said...

As dit by my eie geloof kom, probeer ek om my opinies vir myself te hou, want daar is 'n sekere gedagte wat altyd by my bly:

Enige iets moet bevraagteken kan word, maak nie saak hoe vurig 'n groep mense daaroor voel nie.Daar is geen beginsel, saak of standpunt wat belangriker is as om om te gee vir die mense rondom jou nie.