Monday, January 22, 2007

Trois Couleurs Blanc


Van die trilogie, is hierdie nie my favourite nie. Dalk verstaan ek nie die genre nie. Ek het besluit White is maar iets tussen 'n black comedy en 'n drama.

Ek sou wou gesels oor gasvryheid, gelykheid en vreemdelingskap. Die Poolse mannetjie kom nie die mas op in Frankryk nie. Sy vrou skei hom as gevolg daarvan. Hy bly oor met niks.

Maar wanneer die situasie in Pole omgekeerd is, kan hy sy man staan by haar. Hiér is hy “on top of things”. Sý is die oningeligde, die vreemdeling, die verleë ene.

Hoe maklik is dit nie om 'n “ousider” impotent te maak nie.

Maar die mannetjie is nie so slap soos mens verwag nie. Al is hy 'n treurige figuurtjie, staan sy onkeerbare hoop uit soos 'n paal bo water.

Ek sou wou preek uit Rigters 19 (een van die vreeslikste hoofstukke in die Bybel). Dit sal 'n geen 2-18 preek wees, LSNVP (tensy ek dit kan regkry om dubbelsinnige woorde regdeur die preek te gebruik soos hier). Rigters 19 gaan ook oor gasvryheid en seks soos White. Sterkte vir dié wat dalk die teks gaan lees.

(Ns.: Twee vrae n.a.v.die trilogie:
1. Hoekom is selfmoordpoging so 'n sterk tema, wat uitgebeeld word in Blue en White en na verwys word in Red?
2. Ek probeer die tema van die muis met kleintjies in Blue verstaan… veral as ons dink aan Red met die hond en háár kleintjies. Enige voorstelle?)

11 comments:

Do Kwang said...

Ek het gisteraand weer Red gekyk nadat ek jou opsomming gelees het. Ek dink die sentrale vraag wat tussen die vrou en die ou man kom staan, is in hoe 'n mate mens bereid is om sorg vir die we^reld om jou te neem, en sal jy sorg vir die we^reld as jy tot 'n besef kom van hoeveel skade jou betrokkenheid soms aanrig. Eintlik is die lewe 'n chaos waar jy geen beheer oor die gevolge van jou dade het nie - dis ook hoekom alles in Rouge chaoties is en die rooi blertse oral gespat is, anders as in Bleu waar elke motief en simbool lyk asof dit presies uitgewerk en geplaas is.
Daai hond en die muis se kleintjies moet iets te doen he^ met sorg vir ander.
Rouge is my gunsteling, maar Blanc het die mooiste musiek.

Freddy said...

Jinne, Do, mag ek jou sometime huur om te kom preek?

maeree said...

pwahahaha
asof jy nie in genoeg moeilikheid is nie.

Pienk Zuit said...

Ek sal nou rerig 'n slag DK se DVDs moet leen! Freddy, waar kan mens jou hoor preek as mens belang stel? Ai tog, die anonimiteit van blogger is lekker, maar my nuuskierigheid kry my onder elke nou en dan.

Ek en Do het in Desember vir Voetstoots van Tonder ontmoet. Dit was so lekker en interessant dat ek besluit het die anonimiteit is dalk nie soveel wer as wat mens dink nie.

Freddy said...

Pienk Zuit
Ag jong, ek dink ek preek in die praktyk maar valerig. Die kere wat ek my kreatiwiteit itv flieks uitgeleef het was die jonges van hart opgewonde, maar diegene wat my salaris betaal vreeslik ontsteld. Met die gevolg dat ek maar afgeskaal het na 'n kort stukkie poppekas vir die kids voor ek verder preek.

Ek is heeltemal bereid om my anonimiteit op te gee vir individue, ek wil net nie he^ elke Sannie Sap en haar Maat moet dit weet nie.

So hoe doen ek dit??

Lammervanger said...

Jy skep 'n emailadres by gmail of yahoo of hotmail wat jy vir mense kan gee vir die eerste kontakmaaksessie.

Do Kwang said...

Ja, ek wil ook vir Freddy hoor preek. (En dit sê baie, want ek wil gewoonlik niemand hoor preek nie.) Freddy, dink net hoe lekker sal dit wees as jy eendag die kansel bestyg, en daar sit ek en Zuit en Maeree en die hele spulletjie in die voorste ry en kyk. Na die tyd kan ons almal tee drink in die konsistorie en mekaar sodoende beter leer ken.
So wat is daai gmailadres?

Pienk Zuit said...

Poppekas! Nou sal ek moet kom luister :)

Ek verstaan ja. Soos ek sê, dis net sporadies wat my nuuskierigheid my onderkry.

maeree said...

ja, ons reël 'n spesiale blog-uitstappie en gaan kyk hoe freddy preek.
freddy, vertel van die keer toe julle klankstelsel gesteel is terwyl jy preek.
of die keer wat jy moes gaan piepie.

Freddy said...

As ek daai twee stories vertel, sal my gemeente DADELIK weet wie is Freddy.

Wat die piepie tydens die diens betref, kom ons se^ maar net ek het redelik bedruk gevoel en iemand anders maar die Bybel laat lees.

In ONS kerk doen ons met gemak noodverligting.

Ek dink ek het by yahoo of hotmail 'n adressie, sal eers moet gaan kyk.

Freddy said...

My epos is fredddels@hotmail.com. (sowaar 3 d's, anders was dit reeds geneem)

Ek sou verkies het dat dit eerder hot male was, maar dan het julle my dalk nie ge-epos nie.

Yahoo en google se mail weet nie van Afrika nie, sien ek.