Friday, January 26, 2007

The Departed


Scorsese kry dit reg om 'n veelsydige paradoks met gemak verder te rek as twee lang-gekoude Chappies:

Die ordentlike, “fancy policeman” (Colin Sullivan) werk éintlik vir die mafiabaas, en die skobbejak (Billy Costigan) wat betrokke is by die mafiabaas en sy inkopies, werk éintlik vir die polisie. En elkeen wil graag uitvind wie die ander een is.

Mens geniet nogal die kat-en-rot speletjie, maar ek kon nie help om te lag teen die einde wanneer die een na die ander op 'n streep letterlik kop verloor nie. Dis darem té erg, al is die fliek se titel “The Departed”.

“At the end of a loaded gun, what’s the difference?” Vir wie werk jy? Die dubbele rol van elke hoofspeler is nogal confusing. By die hoogtepunt van die fliek moet Billy vir 'n medepolisieman 'n paar keer skree: “You know who I am”. Al dui alle bewyse daarop dat hy eintlik vir die mafia werk, maak hy aanspraak op die feit dat sy kollega hom “ken” en gevolglik moet vertrou.

“You know me.” Sterk aanspraak, dan nie? Want, “at the end of a loaded gun”, hoe weet jy?

Die spanning tussen Colin en Billy beleef ek in myself. Veral as ek mense se verwagtings in gedagte hou. Ek ken nie eers altyd myself nie. Jy doen nie noodwendig “goed” as jy aan die “goeie kant” is nie.

Daar is twee tekste wat my n.a.v. hierdie fliek haunt. Eerstens: Psalm 139 en veral vers 23-24.
Tweedens: Romeine 7, waar ek lees dat ek ook 'n “Departed” is, en hierdie stryd voel woel.

No comments: